Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, sê die 24-jarige motoris van die Bluff in Durban het na bewering teen daardie spoed in ’n Golf 6 Gti op die N2 suidwaarts gery.

Simon sê die polisie van Scottburgh het die man ’n rukkie lank aangehou voor hy op borgtog van R5 000 vrygelaat is.

“Uitermatige spoed en roekelose en nalatige bestuur lewer ’n groot bydrae tot die hoë getal padsterftes in Suid-Afrika,” sê Simon.

Die Padverkeerbestuurskorporasie het gevra die spoedvraat moet ’n baie swaar straf opgelê en sy rybewys opgeskort word.

Bron: News24