A photo posted by ?????? (@tombazante) on

Sam en die ster van Stronger smeul behoorlik saam op haar nuwe enkelsnit-video, Slumber Party, wat vroeër vandeesmaand vrygestel is. Verlede Saterdagaand is die tweetjies ook saam opgemerk tydens ’n ete-afspraak.
Sam het ’n foto van hul aand uit op sy Instagram-rekening geplaas, maar dié is later verwyder.

A photo posted by Revista QUEM (@quemacontece) on

Britney het nog nie kommentaar gelewer op die gerugte oor die afspraak nie, maar sy het onlangs volgehou sy is “werklik gelukkig” as enkellopende en soek op die oomblik nie liefde nie.

“Baie mans wil net speletjies speel,” het sy in September vanjaar aan Jonathan Ross, ’n gewilde Britse TV-kletsprogramaanbieder, vertel. “Die ouens beskou dit slegs as ’n kopspeletjie, die terugskakel en die stuur van teksboodskappe, dis net te veel, dis verspot.”

Sy het ook vertel dat haar vriende haar voorheen op toe-oë-afsprake gestuur wat eenvoudig “té pynlik” of “té veel” was, veral eenkeer toe ’n man se akkedisagtige voorkoms haar geskok het en sy so vining as moontlik moes verkas.

"Dis moeilik om uit te gaan en nuwe mense te ontmoet. Netelig,” het sy voortgegaan.

“Ek sou sê daar was twee afsprake wat nogal koel was, maar origens is dit net te veel. Ek het met hierdie een kêrel uitgegaan en hy het soos ’n akkedis gelyk. Ek was so bang. Toe ek omdraai, het ek iets gesê soos ‘Hy lyk nes ’n akkedis'. Ek moes eenvoudig weggaan, dit was werklik erg.”

Britney en Kevin Federline se huwelik is in 2007 beëindig en sy was voorheen aan haar agent, Jason Trawick, verloof.

Die paartjie se paaie het in 2013 geskei en daarna het sy met David Lucado en die regisseur Charlie Ebersol uitgegaan.

Cover Media