WAARSKUWING: DIE VIDEO IS VAN 'N GRAFIESE AARD

Peng Fan het ’n spesiale gereg berei van die Thaise spoegkobra; dit is ’n seldsame lekkerny in Asië, waar dit normaal is om slange te eet.

Maar toe hy die slang se kop in die drom wou gooi, pik dit hom en spuit hom vol gif.

Die polisie sê Fan is dood voor hy in die hospitaal lewensreddende teengif kon kry.

Fan was besig om die slang op te kap om sop daarvan te maak; dit is ’n lekkerny in die gebied en ’n gesogte dis in eksklusiewe restaurante.

Volgens kenners kan alle reptiele tot ’n uur lank funksioneer nadat hulle liggaamsdele – selfs hul hele lyf – verloor het.

Blykbaar is ’n slang so te sê dood nadat sy kop afgekap is omdat sy basies liggaamsfunksies gestaak het, maar daar kan sekere refleks-aksies wees.

Dit beteken slange kan steeds pik en gif inspuit, selfs nadat hul kop afgekap is.

Bronne: Daily Mail, The Mirror, Buzzfeed