A photo posted by Tym Bussanich (@tymbussanich) on

Die Amerikaanse sjef Tym Bussanich het moontlik die heel beste kitskoshappie geskep: ’n McDonald’s-kaasburger wat gerol, met broodkrummels bedek, in skyfies gesny en dan in diep olie gebak word tot ’n smaaklike, klewerige tjip wat hy die McFry noem. “Ek hoop die internet is gereed hiervoor!!!” het hy op Instagram geskryf. Die braaispeletjie het ’n hele nuwe vlak bereik!!!!” Hy het selfs ’n video geplaas waar die proses om hierdie kulinêre heerlikhede te maak, stap vir stap gedemonstreer word sodat ’n mens dit self tuis kan maak. Tym het reeds aansien verwerf op sosiale media deur die skepping van vindingryke geregte waar hy gewoonlik die een soort kos (heel dikwels kaas) in ’n ander een stop.

KYK DIE VIDEO:

A video posted by Tym Bussanich (@tymbussanich) on