Romantiese harte sal geheel en al aan't fladder gaan met die proses wat James Greig deurloop het om sy hartedief, Katie Moore, om haar hand te vra.

Hul liefdesverhaal klink soos iets uit ’n draaiboek wat gereed is om verfilm te word. Hy, die sjarmante Engelsman, en sy ’n aantreklike New Yorkse blondekop.

Katie en James het mekaar ’n paar jaar gelede by ’n partytjie ontmoet. Vir James was die koeël toe reeds deur die kerk: "Ek het geweet. Dit was sy."

Hy't drome begin droom oor ’n aandete met Katie in New York gevolg deur die hoop om 'gelukkig vir altyd en altyd' saam te wees.

Lees ook: Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee

Net so bietjie meer as ’n jaar gelede het James se droom van ’n ete met Katie in Manhatten waar geword. En die volgende dag moes hy weer terug Londen toe. Maar in Katie se hart daar was twyfel oor die langafstandverhouding. Sou die liefde die 5 600 km tussen die twee duifies kon oorleef?

Ses weke later het James weer voor Katie se deur gestaan. Dié keer vir ’n ordentlike kuier. "Ons het vir drie dae aanmekaar gelag," vertel Katie.

Na eindelose trane deur albei gestort is tydens die verskeie kere van afskeid neem op die lughawe, het Katie in 2014 besluit New York is bloot net nog ’n plek. Sy't haar tasse gepak en huis opgesit saam met die man van haar drome in Londen ná ’n warrelwind van emosies en ’n verhouding waarin hulle inderwaarheid net drie weke in mekaar se geselskap deurgebring het.

Wat Katie se haarkapper oor dié saak te sê gehad het:

Op Valentynsdag 2016 het James weer ’n keer Katie se voete onder haar uitgeslaan. En almal van ons wat nog in die wonder van sprokiesverhale glo. Hy het die voorblad van die Londense Observer-tydskrif sy trouwense baie duidelik gemaak.

Eers het Katie gedink dit was net ’n enkele omslag, maar haar asem was skoon weggeslaan toe sy besef dat elke liewe Observer-tydskrif van 14 Februarie 2016 met James se huweliksaansoek op die voorblad spog.

Terloops, Katie het 'ja' gesê!

Bronne: theguardian.com, i100.independent.com

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ander stories op Huisgenoot.com:

Leo nog ’n treetjie nader aan Oscar-glorie

E-sigarette moontlik meer skadelik vir jou ongebore baba as gewone tabak

Agt keer wat Beyoncé die wêreld laat regop sit het

7 keer wat stylvolle, swanger Jo-Ann Strauss jou asem sal wegslaan