So vra Leon Mdiya en Anthony Prangley, twee Johannesburgers wat na ‘n gesprek met jongmense besef het die verantwoordelikheid om steeds elke dag vir vryheid te veg is nou ons s’n.

“Ons wil wys ons is bereid om ons deel te doen,”  sê Anthony. “Trek net jou tekkies aan en neem deel.”

Volgens Anthony en Leon sal dié inisiatief vir die wêreld wys Suid-Afrikaners volg in oudpres. Nelson Mandela se voetspore, en eer sy nalatenskap. Soos die twee voorlopers sê: Madiba se reis is nou klaar, maar ons s’n hou aan.

Vir meer inligting, besoek die Facebook-groep by facebook.com/ContinuetheLongWalk, of twiet jou skoene met die hutsteken #continuethelongwalk.

Wys jy gee om!

– Faiza Mallick