tekkie

Koop ’n plakker vir R10 by jou naaste Toys R Us of ’n deelnemende welsynsorganisasie.

Kies een (of meer) van die afdelings wat jy wil ondersteun wanneer jy jou plakker koop:

  • DIERE
  • GESINSDIENSTE
  • KINDERS
  • GESTREMDES
  • ONDERWYS

Op Tekkietaksdag dra jy jou tekkies en groot plakker op jou klere. Die klein plakker wat jy saamkry, plak jy op jou selfoon om jou die res van die jaar aan jou organisasie te herinner. Die projek word deur vyf van die bekendste gesigte in Suid-Afrika ondersteun.

Op Tekkietaksdag dra jy jou tekkies en groot plakker op jou klere.

Die Afrikaanse rapper Jack Parow is die diere-ambassadeur, die MasterChef-ster Sade Giliberti is die gesinsdienste-ambassadeur, Sorina Erasmus (die Flooze) is die kinderambassadeur, die nimlike Expresso-aanbieder Katlego Maboe is die ambassadeur vir gestremdes en die koningin van dans Tebogo Kgobokoe is die onderwysambassadeur.