Geniet jy dit om saam met jou kleingoed en ’n gunsteling boek op te krul? Sisi Gaan Skool Toe en Ander Verhale deur Wendy Hartmann sal beslis ’n ereplek op jul boekrak vind.

Vind uit hoekom Sisi nie more skool toe wil gaan nie. En hoekom het pappa al die speelgoed gevat? Ontmoet weer vir Sisi en haar familie en vriende in hierdie deernisvolle versameling van stories en rym. Die Afrikaanse vertaling is deur Linda Rode en die pragtige illustrasies deur internasionale kunstenaar Joan Rankin.

Kyk die animasie-lokprent hier.