Die werker het Sondag ernstige byt- en skeurwonde aan sy nek en borskas opgedoen toe hy ’n tier se hok wou skoonmaak.

  • In Februarie verlede jaar het ’n Bengaalse tier sy opleier gedurende ’n vertoning in Mexiko aangeval. Die 35-jarige Alexander Crispin is in die nek gebyt en is later in die hospitaal oorlede.
  • In 2012 is ’n onderwyser wat ’n groep skoolkinders na die Monaco-sirkus in Cusco, Peru, vergesel het, voor die groep kinders deur ’n leeu aangeval. Die onderwyser is in die leeu se hok ingeroep om te demonstreer dat die leeu geen bedreiging inhou nie, maar het die vrou toe aangeval en in die hok rondgesleep. Die leeutemmer het haar bevry en sy is na die naaste hospitaal geneem.
  • Die olifant Tyke, wat deel was van die Internasionale Sirkus van Honolulu, Hawaii, het in Augustus 1994 gedurende ’n vertoning haar opleier doodgemaak en haar versorger aangeval. Sy het toe meer as 30 minute lank deur die strate van die Honolulu-buurt Kakaako gehardloop tot die polisie haar met 86 skote tot bedwang gebring het en sy later dood is.

Bronne: Wikipedia.com, Metro.co.uk, Dailymail.co.uk