En ons gedink hy is ’n gawe ou! Blykbaar kry The A Team-sanger Ed Sheeran (23) wenke by sy beste pel, Taylor Swift. Ed sing oor sy verbrokkelde verhouding met Ellie Goulding (27) in sy nuwe liedjie, Don’t. Dis op sy eersdaagse album.

In die liedjie beweer die ster sy eksmeisie het hom verkul met ’n vriend in dieselfde hotel waarin hulle gebly het. Eina! Ed en Ellie het by die V Festival in 2013 opgetree toe Ellie glo One Direction se Niall Horan (20) gesoen het. Sy ontken dat dit gebeur het, maar Ed het aan The Mirror gesê: “Die gebeure in Don’t is heeltemal waar. Ek kon baie naarder gewees het; daar is meer *** wat ek kon ingesluit het.”

BRON: OK.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK