Die sangeres Sinead O'Connor ontvang mediese sorg nadat sy na bewering  oordosis ingeneem het. Die ster van Nothing Compares 2 U het Sondag bekommernis oor haar welstand veroorsaak nadat sy ’n boodskap op Facebook.com geplaas het waarin sy beweer sy het 'n oordosis ingeneem in hotelkamer in Ierland.  In die plasing beskuldig die 48-jarige ster haar familie van verraad en dat hulle haar aan haar lot oorgelaat het terwyl sy ’n siek kind moet versorg en sy besig is om van 'n onlangse histerketomie te herstel. "Daar kan van enige vrou verwag word om net soveel te verduur,” skryf sy op die sosialemedia-webwerf. “Dit wat hierdie week aan my gedoen is, was verskriklik wreed.  Deur my man, my familie …, deur my seun Jake, en deur (voormalige maat) Donal Lunny …  Ná alles wat ek deurgemaak het en wat ek gedwing was om alleen deur te gaan … en gestraf is om deur te gaan sedert die operasie op 26 Augustus.  Of sedert (my seun) Shane in Maart siekgeword het.  Hierdie week het my gebreek.

"Die afgelope twee nagte was die laaste strooi"
"Die feit dat my babas se vaders, Frank en Donal, hulle van my af weggehou het sonder enige grondige rede, en dat die res van my familie eenvoudig weggebly het, is 'n afgryslike spul verraad.  En dit gaan al aan vandat ek my operasie ondergaan het.  Die afgelope twee nagte was die laaste strooi.  Ek het ’n oordosis ingeneem.  Daar is geen ander manier om respek te kry nie.  Ek is nie by die huis nie, ek onder 'n ander naam by ’n hotel iewers in Ierland. Die sangeres beweer voorts dat sy die boodskap plaas omdat dit die enigste manier is waarop haar familie sal weet wat met haar gebeur het en sy beskuldig hulle dat hulle nie sal omgee as sy sterf nie.
"Ek beteken vir niemand 'n snars nie"

"Ek kon al weke lank hier dood gelê het en hulle sou dit nie eens geweet het nie, want ek is blykbaar skuim en ek verdien om aan my eie lot oorgelaat en soos k*k behandel te word net nadat my baarmoeder en eierstokke uitgeslag is, en my kind is boonop verskriklik siek,” gaan sy voort.

“Ek is so 'n vrot, aaklige ma en Persoon, dat ek alleek gelaat is, weke lank, skreeuend, huilend.  En hulle het my almal aangesê om myself te gaan f*k.  Ek is onsigbaar.  Ek beteken vir niemand 'n snars nie.

"Niemand het naby my gekom nie.  Ek het 'n miljoen keer gesterf van die pyn wat dit veroorsaak het …  Vreemdelinge hou van my … Maar my familie waardeer my glad nie.  Hulle sou weke ná my dood nie eens daarvan geweet het as ek hulle nie f*kken nou ingelig het nie.  Welgedaan, manne, julle is uiteindelik ontslae van my.  Jammer die lig het nie vroeër opgegaan nie.  Ek is 'n idioot.

"Toe julle planne gemaak het om my van my babas af weg te kry, het julle ook beplan dat dit my sou mal/kranksinnig maak?. Dat dit die laaste strooi sou wees?  Want hoe gaan julle die oorsaak van my dood verduidelik?  Maak net baie seker julle vertel die waarheid …  My kinders gee in elk geval nie om of ek lewe of dood is nie.  En hulle pa’s ook nie.  Almal is beter af sonder my.  Moet dit nooit ooit weer aan enige vrou doen nie.”

Volgens Facebook.com was O'Connor met haar seun, Jake en haar eks-kêrel, Lunny, in 'n stryd gewikkel oor die toesig oor haar onmondige kinders, en het sy hulle beskuldig dat hulle haar onregmatig van die kinders af weggehou het.

Die sangeres verduidelik dat hulle die kinders van haar af weggeneem het nadat sy depressief geraak het ná haar operasie in Augustus (2015) en sy blameer die owerhede van die land omdat hulle die kinders in die sorg van hul vaders geplaas het.

Dit is nie duidelik in watter toestand O’Connor is nie, maar sy is na bewering “fris en gesond” gevind en sy ontvang tans behandeling.

© Cover Media