Polisiebeamptes van Wilmette het ’n soektog van stapel gestuur na die gekwelde ster wat ’n geskiedenis van geestessiekte het toe die vriende by wie sy gebly het haar gister as vermis aangemeld het. Lees ook: Bekende popster word as vermis aangemeld Die Nothing Compares 2 U-ster is ure later opgespoor. Die polisie het geen verdere inligting oor die sangeres se skynbare verdwyning bekend gemaak nie, maar haar aanhangers en vriende het gevrees sy probeer dalk haar eie lewe neem nadat sy ’n deurmekaar, verwarrende boodskap op haar Facebook-blad geplaas het kort nadat sy Sondagoggend vroeg gaan fiets ry het.

In November verlede jaar het sy ’n soortgelyk kommerwekkende dreigement van selfdood op Facebook geplaas en gesê sy het ’n oordosis geneem te midde van ’n familiedrama. “Daar is net soveel wat van enige vrou verwag kan word om te verduur,” het sy geskryf. “Ek het ’n oordosis gedrink. Daar is geen ander manier om respek te kry nie . . . Ek is in ’n hotel, iewers in Ierland, onder ’n ander naam. As ek dit nie geplaas het nie, sou my kinders en familie nie eens uitgevind het nie.” Sinead is tans in ’n stryd met die Amerikaanse komediant Arsenio Hall gewikkel nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy die voorskrifmiddels aan Prince verskaf het wat na bewering verlede maand tot die superster se dood gelei het.
In ’n plasing op sosiale media het sy geskryf: “Twee woorde vir die Amerikaanse agenskap teen dwelms the DEA wat ondersoek waar Prince oor die dekades sy middels gekry het: Arsenio Hall . . . Enigiemand wat dink Prince was nie ’n jarelange gebruiker van harde dwelms nie, leef in ’n verbeeldingswêreld.”

Arsenio het teruggekap met ’n ontkenning en ’n hofsaak oor naamskending.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Buffels tref motor met ’n reuseslag toe leeus op trop jag maak

Kovsies maak skokaankondiging rakende hul rektor, prof. Jonathan Jansen

Christopher Panayiotou terug in hof ná nuwe feite glo aan die lig kom

Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek

Voormalige Mej. SA oorleef gru-ongeluk