Jou vriendin het ’n slegte dag by die werk en jou nefie bring hulde aan sy pa wat vandag presies drie jaar oorlede is. Is die “like”-knoppie op Facebook die beste manier om jou meelewing te betoon?

Nou kan jy jou vriende ondersteun sonder dat jy na ’n sadis lyk wat daarvan hou wanneer ander mense swaarkry.

Nes die “like”-knoppie, sal jy en jou Facebook-vriende kan sien hoeveel mense met jou simpatiseer. Hoewel dié funksie nog nie beskikbaar is nie, sê Dan Muriello, ’n Facebook-ontwikkelaar, hulle het dit reeds getoets en dit sal moontlik binnekort gebruik kan word.

Saamgestel deur Shané Barnard

Bronne: huffingtonpost, businessinsider