Lauren het ’n sewejarige seun by haar vervreemde man, Andrew Silverman.

’n Bron het aan die koerant New York Post gesê: “Sy en Simon het nie voorbehoedmiddels gebruik nie omdat dokters gesê het sy kan nie swanger raak nie.”

Die 36-jarige donkerkop van New York is glo in die wolke oor haar swangerskap, maar bekommerd dat sy die kleinding sal verloor. Die bron het verduidelik: “Die enigste vrees is dat sy weens haar geskiedenis van miskrame hierdie kind ook kan verloor.”

Die musiekmagnaat (53) het glo nadat hy regs- en finansiële raad oor die “ongure situasie” ingewin het, belowe dat hy Lauren R45 miljoen per jaar sal gee tot die kind 21 word.

’n Bron het vantevore gesê: “Hy wil seker maak hy doen die regte ding vir haar en die baba. Simon wou weet presies waar hy staan en die skade aan sy bankbalans beperk. Hy het op die oomblik ’n goeie verhouding met Lauren, maar as jy so ryk soos Simon is, kan jy nie kanse waag nie. Geld verander mense. Simon het gewaarsku dat hy nie uitgebuit sal word net omdat hy ryk is nie. Hy is heeltemal bereid om regverdig en vrygewig te wees, maar hy is nie onnosel nie.”