Simon Cowell is nou ’n trotse pa.

AnnMarie Thomson, Cowell se woordvoerder, sê sy en Lauren Silverman se seun is vroeg Vrydagaand in New York gebore.

Die paartjie het besluit om die seun na Cowell se pa Eric te vernoem. Eric het 2,9kg geweeg.

Cowell bekend vir televisiereekse soos American Idol en The X-factor sê hy is baie opgewonde oor sy seun.

Hy sê Eric is gesond en aantreklik en dit gaan ook goed met die nuwe ma.