Simon Cowell het bekendgemaak hy wil sy eersteling by die sosiale vlinder Lauren Silverman na sy gunstelingmens ter wêreld noem: homself.

Die musiekmagnaat het aan Terri Seymour van Extra gesê: “My topkeuse is Simon, want ek hou van die naam.”

Maar die 54-jarige ster het ook sy sagter kant getoon deur te sê sy tweede keuse is Eric, ter ere van sy oorlede pa wat “baie trots” sou gewees het om ’n kleinseun te hê.

Simon het bygevoeg: “Sy verjaardag gaan baie na aan my pa s’n wees.”

Die X Factor-baas hoop sy seun sal in sy voetspore volg deur sy multimiljoenrand- musiekryk oor te neem sodat hy eindelik kan aftree.

Hy het erken: “Ek wil hom so gou moontlik leer om my werk te doen. Ek wil die leisels oorgee. Ek hou regtig van die idee om hom te leer hoe om die onderneming te bestuur.”

Die uitgesproke Brit hou vol hy sal geen selfhelpboeke oor vaderskap lees nie en ’n ontspanne benadering tot ouerskap volg.

Oor sy filosofie oor kinders grootmaak, het Simon gesê: “Wees koel daaroor. Weet jy, moenie jou te veel bekommer nie. Hoe ek en my broer grootgemaak is, ek bedoel, dit was nogal ontspanne. Daar was geen selfhelpboeke of enige van daardie simpel goed nie.”