, al het Simon se meisie, Lauren Silverman, maar eers in Februarie aan hul eerste seun die lewe geskenk.

Simon Cowell wil al klaar nog ’n kind hê, sê Kian Egan.

Simon, wie se lewensmaat, Lauren Silverman, in Februarie aan sy eerste seun, Eric, die lewe geskenk het, het glo vir die Westlife-sanger gesê hy wil sy gesin uitbrei.

Kian het aan die Daily Star Sunday gesê: “Simon het baie opgewonde gelyk en vir my gesê hy wil gou nog ’n kind hê. Ek het vir hom gesê hy moet Lauren eers tyd gee om te herstel.

“Die ding is dat alles Simon onkant gevang het. Selfs toe hy sy honde gekry het, het hy nie besef hoe lief hy vir hulle sou wees nie.

“Ek het vir hom gesê hy moet wag tot hy ’n baba het en wag tot daardie baba sy eie persoonlikheid begin kry, dan sal hy heel anders voel.”

Die sanger het ook beweer die X Factor-baas sal “begin minder werk” wanneer sy lewe as ’n ouer eers insink.

Hy het verduidelik: “Ek dink ons sal oor die volgende paar jaar ’n veel sagter kant van Simon sien. Ek dink hy sal minder hard begin werk en hom onttrek.”

Intussen het Simon erken sy prioriteite het verander en sy seun het hom ’n nuwe uitkyk op die lewe gegee.

Hy het onlangs gesê: “Ek is regtig baie (gelukkig). Dit is asof ek uit iets gekom het wat ek ’n koma noem, wat net baie op werk ingestel was.

“Ek kan dit nou waardeer en geniet en het ’n ander kant aan my lewe, wat ek nooit voorheen gehad het nie . . . Ek dink ’n mens kan baie mededingend raak.

“Alles in hierdie bedryf gaan oor syfers en sukses. Maar dit kan jou lewe ’n bietjie oorneem. Dit is steeds vir my belangrik, maar nie soos voorheen nie. Ek veronderstel die baba gee alles ’n doel.”