SimonCowell

Simon Cowell wil sy supermotor van R17,6 miljoen verkoop noudat hy ’n nuwe vuurwa aangeskaf het.

Die musiekmagnaat wil die Bugatti Veyron, waarmee hy onlangs erken het hy net twee keer gery het vandat hy dit drie jaar gelede gekoop het, van die hand sit noudat hy sy mees geliefde motor gekoop het.

Hy het getwiet: “Die naweek my gunstelingmotor ter wêreld gekoop en sal nou die Bugatti moet groet. Albei is ’n alfaman. Een moet gaan.”

Terwyl Simon besig was om ’n nuwe motor te koop, het sy swanger meisie, Lauren Silverman, se vriendinne by sy huis in Kalifornië vir haar ’n ooievaarstee gehou.

Maar die toekomstige pa het geen idee gehad wat hulle aanvang nie. Hy het getwiet: “Nou nog onseker wat ’n ooievaarstee is.”

Die X Factor-beoordelaar het ook Sondag ’n ontspannende massering in die Peninsula-hotel geniet terwyl die ooievaarstee aan die gang was.

Hy het vir die geselsprogramaanbieder Jay Leno vertel: “Ek het by ’n hotel ingeteken en vir ’n massering gegaan. Ek was nie regtig welkom nie, maar hulle het dit geniet.”

Simon en Lauren verwag ’n seun; hy het al geskimp dat hy die baba na hom wil noem.

Hy het gesê: “Dit sal waarskynlik iets met ’n ‘S’ wees. Dink net: Dis tot nou toe al naam waarmee ek vorendag kan kom waarvan ek hou.”