Die musiekmagnaat en sy meisie, Lauren Silverman, wat sy eerste kind verwag, het die hondjies onlangs aangeneem en die brakkies lei omtrent ’n weeldelewe.

’n Bron sê: “Simon neem die hondjies elke tweede week vir ’n pedikuur en massering en hulle het selfs ’n terapeut wat ‘zen-hondegeluk’ belowe.”

Die troeteldiere het hul eie slaapkamer met ’n koninggroottebed en ’n rusbank wat spesiaal laat maak is.

Die bron het aan die tydskrif Grazia verduidelik: “Simon is ’n groot diereliefhebber en die honde is nou sy trots. Dit was Lauren se idee om hulle te kry sodat hulle vir die koms van die baba kan oefen.

“Hulle word tot in die afgrond toe bederf! Hulle slaap op ’n spesiale koninggroottebed op die beste katoenlinne, eet en drink uit porseleinbakke en volg ’n spesiale, organiese dieet. Hulle drink bottelwater en hy bederf hulle een keer per week met T-beenskyf.”