Simon Cowell se babaseun sal in die VK gebore word.

Die mediabaas se eerste kind by Lauren Silverman sal glo Brits wees, en die paartjie is opgewonde dat die geboorte in Engeland sal plaasvind.

Hoewel die 36-jarige sosiale vlinder ’n Amerikaner is wat in New York woon, het die twee ooreengekom dat dit die beste vir die baba sal wees om in Simon se geboorteland gebore te word, aangesien dit by die verfilmingsprogram van Britain’s Got Talent sal inpas.

’n Ingeligde het aan die Sunday People gesê: “Hy is opgewonde daaroor dat die baba in Engeland gebore sal word. Hy en Lauren het die besluit geneem op grond van wat die beste vir die baba sal wees, en die VK gekies.

“Omdat Simon in daardie tyd vir BGT in die VK moet wees, is dit al uitweg.

“Hy wil by Lauren wees wanneer sy die lewe skenk en daarna by sy seun wees.”

Die 53-jarige ster het sy hart in ’n onderhoud op The Ellen DeGeneres Show, wat Dinsdag 10 September gebeeldsend word, oopgemaak en erken dat die nuus oor Lauren se swangerskap ’n skok was.

Hy het gesê: “Dit was ’n bietjie van ’n skok. Wanneer jy daardie eerste oproep kry, dink jy goed, sit die foon neer, sluk. En toe het ek aan die idee gewoond geraak.”

Daar is intussen verneem dat die paartjie beplan om ’n ooreenkoms van sowat R20 miljoen vir ’n onderhoud met Oprah Winfrey te sluit.