Simon Cowell se swanger meisie het sy vriendinne verseker sy het geen bybedoelings nie.

Die New Yorkse sosiale vlinder Lauren Silverman wil glo die spanning verlig tussen haar en die baas van The X Factor se uiters beskermende vorige meisies, Sinitta en Jackie St Clair, asook sy vorige verloofde, Mezghan Hussainy.

’n Bron het aan die Sunday Mirror gesê: “Dit was ’n goeie probeerslag, maar Lauren sal harder moet probeer. Sy kan nie net verwag sy gaan almal se beste vriendin wees nie, nie met dié dat Simon se vriendinne hom geken het jare voor sy op die toneel gekom het nie.

“Hulle gee almal vir hom om en wil hom beskerm, en hulle is nog skepties oor haar en haar beweegredes. Sy probeer haar vyande naby aan haar hou.”

Simon het onlangs gesê hy is lief vir Lauren en is bly oor hul baba wat in Februarie verwag word. Hy het ook al gerugte ontken dat die pas geskeide Lauren (36) net in sy geld en roem belangstel.

Hy het gesê: Ek kan die media natuurlik nie verkwalik nie. Dit was nogal wat ek ’n sappige storie kan noem, maar daar is baie oor haar gesê: dat sy my gevang het en ’n goudgrawer is. Dis absolute snert.”

Lauren is verlede maand geskei van haar eks, Andrew Silverman. Hulle deel toesig oor hul seun, Adam (7).