Simon Cowell en Lauren Silverman verwag ’n seuntjie.

Die X Factor-baas en sy pas geskeide swanger meisie, die ma van Adam (7) by haar eks, Andrew Silverman, is glo verheug omdat hulle in Februarie ’n babaseuntjie ryker gaan word.

’n Bron na aan die paartjie het aan die New York Daily News se Confidential gesê: “Hy is oorstelp van vreugde om ’n seuntjie te kry.”

Simon het onlangs erken dat hy nie “goed” met babas is nie, hoewel hy nie kan wag om ’n pa te word nie.

Hy het gesê: “Ek hou van kinders, ek is net nie seker of ek die hele baba-ding sal kan baasraak nie; ek is nie goed met babas nie, maar ek is goed met kinders. Jy weet, sodra hulle met jou kan praat en jy met hulle kan praat, dink ek dit sal wonderlik wees!”

Die 53-jarige musiekbaas het ook erken dat dit nogal ’n skok was toe Lauren hom laat weet hy gaan pa word.

Hy het gesê: “Dit was aanvanklik ’n verrassing . . . ek het ’n telefoonoproep met die nuus gekry. Sommige van die omstandighede hier rondom was, om die minste te sê, baie ongemaklik, jy weet . . . maar dit het gebeur en sy is ’n ongelooflike meisie. Toe ek eers daaraan gewoond geraak het dat ek ’n pa gaan word, was ek regtig baie bly. So, ek sien regtig daarna uit . . . dit was taamlik dramaties, maar jy moet dit in perspektief sien, dit het gebeur en ek dink ek het dit goed hanteer. Oor die algemeen is ek nou seker nou op my gelukkigste.”