Lauren is onlangs geskei van die miljoenêr Andrew Silverman, haar eksman en die pa van haar agtjarige seun, Adam. Sy het gesê: “Natuurlik sal ons trou, maar nie binnekort nie.”

Lauren meen Eric lyk baie na sy beroemde pa, en is glad nie verbaas met hoe goed Simon as pa vaar nie. “Ek dink hy is oulik verby! Hy lyk baie soos sy pa. Hy lyk glad nie soos ek nie. Ek is nie verbaas nie; ek het geweet hy sou ’n wonderlike pa wees. Hy is ’n ongelooflike ou met ’n goeie hart. Soms wanneer jy in ’n situasie beland, wys jy wat in jou steek, en hy het beslis. Simon is ’n ongelooflike pa. Dis so oulik om hulle saam te sien; ek is mal daaroor.”

En dit lyk of Simon se ma, Julie, baie bly is vir die paartjie en hul seuntjie. “Ek dink sy is baie bly dat hy nesgeskop het,” het Lauren aan die Britse tydskrif Star gesê.