Simon Cowell se nuwe bure is glo bang dat steelfotograwe hul huis sal inneem.

Die musiekbaas dok glo R180 000 per maand op vir ’n luukse drieslaapkamerwoonstel vir sy swanger minnares in New York, en die mede-inwoners probeer streng maatreëls instel om te verhoed dat die media hul woonstelblok binneval, berig die Daily Star.

Die baas van X Factor het onlangs aangekondig dat die 36-jarige sosiale vlinder ’n seuntjie verwag, en dat hulle graag wil hê die baba moet in Brittanje gebore word. Die seuntjie, wat vroeg volgende jaar sy opwagting maak, sal in die VK gebore word pleks van in die VSA omdat dit Simon se Britain’s Got Talent-verfilmingsrooster beter pas.

’n Bron het onlangs gesê: “Hy is opgewonde dat die baba in Engeland gebore sal word. Hy en Lauren het die besluit geneem op grond van wat die beste vir die baba is en die VK gekies.

“Omdat Simon in daardie tyd vir BGT in die VK moet wees, is dit al uitweg.

“Hy wil by Lauren wees wanneer sy die lewe skenk en daarna by sy seun.”

Daar is intussen beweer dat die paartjie dit glo “ernstig oorweeg” om ’n ooreenkoms van R20 miljoen vir ’n onderhoud met Oprah Winflion te sluit sodat die ware feite kan uitkom.