Hy’s bekend as American Idol se grompot, maar Simon Cowell het beslis ook ’n sagte kant.

Dié musiekmagnaat is al geruime tyd betrokke by die liefdadigheidsorganisasie Shooting Star CHASE wat ondersteuning bied aan families en kinders met siektetoestande wat hul lewensgehalte benadeel.

Cowell het glo ook al sy vriende aangeraai om die organisasie te besoek omdat dit hul perspektief sal gee.

“Jy moet dié organisasie sien om te glo wat hulle als bereik. Ek’t eers gedink dit gaan ’n hartseer en terneerdrukkende plek wees, maar toe ek daar instap, was dit presies die teenoorgestelde,” het Simon gesê.

“Dit is een van die vrolikste plekke wat jy kan besoek. Dit het my lewe in perspektief gestel. Ek wil hê al my vriende moet die plek besoek, want dit sal hul lewe verander. Dit het beslis myne verander.”

-Bang Showbizz.