Simon Cowell het Saterdag R1 000 aan ’n hawelose man gegee.

Die X Factor-baas (53) is afgeneem waar hy die geld aan ’n hawelose by ’n rooi verkeerslig in Los Angeles gegee het. Hy en sy swanger vriendin, Lauren Silverman (36), het in sy swart afslaankap-Bentley gery. Volgens die Mail Online-webtuiste was hulle waarskynlik vir die dag op pad Santa Monica toe.

Lauren het Simon dadelik vir sy goedhartigheid beloon deur hom, voor die verkeerslig na groen oorgeslaan het, hartstogtelike te soen.