Simon Cowell wens hy was gay.

Simon (53) is bekend as ’n rokjagter en het nog altyd ’n string meisies gehad. Hy en sy minnares, Lauren Silverman, se eersteling is ook nou op pad ná ’n stomende affair. Hy het onlangs gesê sy liefde vir vroue het hom amper bankrot gemaak. Die lewe sou makliker gewees het as hy liewer met mans kon uitgaan, meen hy.

Die X Factor-baas het al verhoudings gehad met die TV-aanbieder Terri Seymour, popsanger Sinitta en grimeerkunstenaar Mezhgan Hussainy. Pleks van kwaaivriende wees, trakteer hy sy ou liefdes op luukse vakansies en gee hulle duur geskenke.

Toe Terri hom onlangs in ’n onderhoud vra of hy al bang was vir bankrotskap, het hy gesê: “Ja, veral toe ek meisies soos jy gehad het! Ek het nou die dag vir iemand gesê ek wens ek was gay. Ek sou ’n fortuin bespaar het.”

Simon het onlangs laat val hy oorweeg dit om met Lauren te trou.