Simon Cowell het die eerste foto’s van sy pasgebore seun, Eric, gedeel. Die werklikheidstelevisie-magnaat se meisie, Lauren Silverman, het Vrydag die lewe aan hul seun geskenk en Simon het daarna foto’s van hulle en die kleinding gedeel.

'Ek het nooit besef hoeveel liefde en trots ek kan ervaar nie.'

Hy het drie swart-wit-foto’s van hom, Lauren en die baba op Twitter geplaas en daarby geskryf: “Ma, pa en Eric. Hy is nou twee dae oud. Nou kan jy sien hoe aantreklik klein Eric is. Ek het nooit besef hoeveel liefde en trots ek kan ervaar nie.” Op een van die foto’s hou hy sy seuntjie teen sy bors vas.

Simon het Vrydag vanaf Londen na New York gevlieg toe hy hoor Lauren is besig om te kraam en was aan haar sy toe sy eersteling gebore is. Hy het Saterdag met ’n rooi sak, waarskynlik vol bederfies vir Lauren, by die hospitaal opgedaag.

Die X Factor-baas was baie emosioneel ná Eric se geboorte en het gesê hy het “trane van blydskap” gestort toe sy en Lauren se seun gebore word.

“Hy is ’n trotse pa en hulle is absoluut versot op die baba. Dit was ’n ongelooflike en emosionele dag vir albei,” het ’n bron gesê. “Simon was ongelooflik en was die heeltyd aan Lauren se sy. Almal, Simon inkluis, het trane van blydskap gestort.”

simoncowell-lauren-eric2

simoncowell-lauren-eric