Toesighoudende dokters meen die baba ly aan siklopie, ’n baie seldsame misvorming wat hom soos die mitiese eenoogreus Siklops laat lyk.

Die afwyking is algemener onder diere en kom voor wanneer die oogkaste nie in die baarmoeder reg vorm nie.

In hierdie geval was die toestand waarskynlik die gevolg van ’n kombinasie van medisyne wat die ma tydens swangerskap gedrink het of blootstelling aan bestraling.

Dr. Ahmed Badruddin, wat die baba se toestand monitor, sê die baba het verskeie ander misvormings aan sy liggaam.

Volgens die Daily Mail sal die baba na verwagting net ’n paar dae leef.

Bronne: dailymail.co.uk, news.com.au