Liezl Moodie, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdiens, sê die brand in Abby-straat, Camelot, het om ongeveer 01:35 uitgebreek. Die huis, garage, twee motors en ’n Wendy-huis het gebrand. Drie brandweerwaens, ’n reddingsvoertuig en ’n watertenkvoertuig is na die toneel gestuur. Die 29-jarige man, wat in die Wendy-huis gebly het, en sy dogter, wat in die hoofhuis gebly het, is later in die hospitaal dood.

“ ’n Vroulike minderjarige van 10 jaar is uit die huis gehaal en het aan rookinaseming gely. KPR is begin en was suksesvol, maar sy is later in die Eersterivierhospitaal dood.”

Twee vroue (23 en 50) en ’n sewejarige seun is vir rookinaseming behandel en na die Tygerberghospitaal geneem.

“Die waarskynlike oorsaak van die brand was rook,” sê Liezl.

Die kombuis, sitkamer en ’n slaapkamer van die huis is in die brand beskadig.

Bron: News24