Die 81-jarige ouma het onlangs op Amazing Chinese, die Chinese weergawe van Britain’s Got Talent, haar tande gebruik om ’n motor wat 1ton weeg te trek.

“Ek het ’n gesonde liggaam en gees. Ek dink nie daar’s ’n verskil in hoe ek nou voel en hoe ek gevoel het toe ek jonger was nie,’ het Wang op die program gesê.

Die pensioenaris byt ’n tou tussen haar tande vas. Die ander punt van die tou is vas aan ’n motor wat een ton weeg met drie insittendes – haar vriend, kleinseun en sy vrou. Daarna trek sy die hele spulletjie oor die vloer voor ’n verstomde gehoor. Meer nog: Dit het haar net ’n skrale 38 sekondes geneem om oor die motor oor die eindstreep te trek!

“Dit was ongelooflik om te aanskou. Ek het gedink haar tande sou uitval, maar dit het nie. Dit het selfs gelyk asof sy ’n klein dansie uitvoer toe die gehoor handeklap,” het een van die verstomde kykers vertel.

Bronne: metro.co.uk, express.co.uk