Elf skeepskratte, vier weke en meer as 15 000 km later is hulle eindelik hier.

Die dinosourusse weeg ’n ongelooflike 55 274 kg en dit neem twee touwerkers, twee steierwerkers, vyf tegnici en 14 werkers en opsieners van Argentinië meer as drie dae om die uitstalling vir vervoer uitmekaar te neem.

Die meer as 45 dinosourusse gaan sowat ses dae neem om aanmekaar te sit voor die eerste uitstalling van 20 Junie tot 20 Julie by die Sandton Internasionale Konferensiesentrum.

Daarna gaan die dino’s Kaapstad toe, waar die Moederstad hulle van 31 Julie tot 20 Augustus by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum kan aanskou.

Besoek Computicket om jou kaartjies te bespreek of besoek daysofthedinosaur.co.za vir nog inligting.

[post-slider]