DIE donkerkop se gesig verhelder, sy kom orent en lag van pure vreugde toe haar verloofde haar ’n koppie koffie aangee. Jes Foord (24) verklaar droomverlore: “Ek het van die eerste oomblik af geweet hy is die een.”

Daarom dat sy in April, toe Jono van Eyssen (24) haar op ’n strand by Margate vra om met hom te trou, dadelik ja gesê het.

En ’n mens kan sien hoekom.

Jono is vriendelik, sy gesig oop, sy lewensvreugde aansteeklik.

Maar dis nie sommer net nog ’n romanse nie. Twee en ’n half jaar gelede is Jes wreedaardig deur vier mans verkrag.

Toe al het sy besluit sy sal nooit ’n eensame, vreesbevange verkragtingslagoffer wees nie, maar die een ná die ander verhouding het misluk, en ná nommer drie het sy begin wonder of sy ooit liefde sal vind.

Toe gee ’n vriendin haar raad.

“Sy het gesê: ‘Gaan net uit en geniet die lewe, hou op om jou daaroor te bekommer dat jy nie die regte ou sal vind nie.’

“Die aand daarna het ek Jono ontmoet. Dit was in Junie verlede jaar en kyk waar is ons nou!”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 23 Desember 2010