Dit was ’n dag wat hy nie wou misloop nie.

Sy dokters het vir hom gesê hy’s te siek om te reis en sou op die rekenaar na die troue moes kyk.

“Ek het gevoel ek kan meer doen. Ek het gevoel ons kan meer doen. Ek het gevoel ek het haar gefaal omdat ek nie saam met haar in die paadjie kon afstap en nie eens kon staan en sê: ‘Ek is die een wat haar afgee’ nie,” het hy aan KESQ vertel.

Gelukkig het het ’n personeellid by die hospitaal aangebied om hom na die troue te vergesel. Hy het toe sy gesin gevra om hom te help om haar te verras.

Alexandra was oorweldig deur haar pa se gebaar. “Dit was ongelooflik dat hy so siek as wat hy is hier was en dit het my so gelukkig en vervuld laat voel.” Kyk na video’s van Andre se emosionele gebaar aan sy dogter.

Bronne: elitedaily.com, cnn.com, YouTube.com