SYCNY Cast

Die komediant Rob van Vuuren, die nuweling Laré Birk en Leon se getroue kameraad, Alfred “Shorty” Ntombela (die man met die aansteeklike lag), is ook in die fliek te sien.

In Shucks! Your Country Needs You sal Leon vir die eerste keer sedert Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa versteekte kameras gebruik. “Ek is veral opgewonde daaroor om Suid-Afrikaanse gehore te laat lag, want hulle het dit broodnodig,” sê hy. “Ons is so kultureel divers as wat ’n land kan wees, maar ons almal deel ’n gemeenskaplike humorsin. En as ek ’n paar keer geklap moet word om mense te laat lag, is dit die moeite werd.”

Gray Hofmeyr, die regisseur en medeskrywer, sê hy is verheug om weer met Leon saam te werk. “Al ken gehore die lag-’n-minuut-formaat van Schuster se vorige poetsflieks, waarborg ons hierdie een het meer, groter en beter poetse as wat ons al ooit voorheen probeer het.”

Shucks! Your Country Needs You word op Vrydag 29 November 2013 uitgereik.

- KIRSTIN BUICK