Volgens die rolverdeling en gehoor by ’n vertoning van die musiekblyspel Cabaret is die 28-jarige akteur geboei en uit die teater geneem nadat hy glo dagga gerook het terwyl hy die vertoning gekyk het.

Verskeie mense in die gehoor het getwiet hy rook dagga, terwyl een laat blyk het hy het van sy stoel geval nadat hy ’n dampie geniet het.

Dit gons al sedert Februarie oor Shia se vreemde gedrag, nadat hy by die die Berlynse première van sy fliek Nymphomaniac opgedaag het met ’n bruinpapiersak oor sy kop met die woorde “I am not famous anymore”.

Ai, Shia!

BRONNE: perezhilton.com, hollywoodlife.com