Vandeesmaand is Shéri staande toegejuig by die Shoprite Checkers Vroue van die Jaar-aand toe sy as wenner in die kategorie Dinamiese Jong Mense aangewys is.

Nou verskyn sy in die TV-reeks, Binneland. En Huisgenoot het agter die skerms gaan inloer.

Sy haal diep asem en knip-knip haar oë teen die son. En nee, sy is nie bang nie, sê sy, want sy het die afgelope twee weke elke dag haar woorde geoefen.

Toe word sy nader geroep. Soos ’n ervare aktrise stap sy die ateljee binne, onder die rye ligte deur, tot by die hospitaalbed waar haar toneelma, die aktrise Shareen Swart, gereed lê.

Lees Jaco Hough-Coetzee se artikel in Huisgenoot 2 Augustus 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.