Die televisieaanbieder Sharon Osbourne het glo haar man, Ozzy Osbourne, uit hul huis geskop ná bewerings van ontrouheid. Die 63-jarige aanbieder van die Amerikaanse geselsprogram The Talk is al 34 jaar met die 67-jarige Black Sabbath-rocker getroud, maar dit lyk of hul dekades lange huwelik nou diep in die moeilikheid is. Die Britse koerant The Sun berig Sharon en Ozzy het ’n hewige woordewisseling gehad nadat sy hom aangevat het oor beweerde bewyse dat hy haar met Michelle Pugh, ’n 45-jarige haarkapper van die bekendes, verkul het.

Die publikasie beweer Sharon het “ontplof” en volgehou sy vermoed al ’n ruk lank hy het ’n affair.

“Mense wonder of Sharon deur Ozzy se foon gesnuffel het voor sy hom beskuldig het,” het ’n bron gesê. “Sy het dit al gedoen, maar voorheen het sy gekyk of hy dwelms gebruik. Ozzy was baie bedremmeld en het erken hy is geheg aan Michelle.

Lees ook: Sharon Osbourne het Ozzy TWEE keer met kinderoppassers in die bed gevang

“Sharon het waarskynlik afgekom op oproepe en moontlik ontmoetings.”

Daar is beweer Ozzy het verlede week verdwyn nadat die onderonsie plaasgevind het. Dit het glo sy geliefdes bekommerd gemaak dat hy dalk weer begin drink en dwelms gebruik het nadat hy jare lank gesukkel het om nugter te bly.

Maar nou word beweer hy bly in ’n Beverly Hills-hotel en is piekfyn.

Die egpaar se verteenwoordiger, Gary Farrow, het skynbaar aan The Mirror bevestig hy het uit hul herehuis in Kalifornië getrek deur op te merk: “Ozzy is nie op die oomblik in die huwelikshuis nie”.

Die woordvoerder het nie nog besonderhede verskaf oor gerugte van verhoudingsprobleme tussen die twee nie.

Maar toe die agentskap Michelle se werkplek, die Meche-salon, bel om uit te vind waar sy is, het ’n woordvoerder bevestig sy het die afgelope paar dae skielik tyd af gevra om ’n “persoonlike noodgeval” te hanteer.

Sharon en Ozzy was voorheen ’n rukkie uitmekaar. In 2013 het Sharon erken sy het oorweeg om van Ozzy te skei nadat hy hom weer aan drank en dwelms vergryp het.

© Cover Media

Ook op Huisgenoot.com:

Steve Carell deel hartseer nuus op Moedersdag

Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Dié nege mense is vas oortuig hulle is deur ruimtewesens ontvoer

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel