Brittanje se hertogin Catherine het volgens Sharon Osbourne ’n mooimaaksessie nodig.

Die uitgesproke musiekbestuurder dink die 32-jarige koninklike moenie meer swart oogomlyner dra nie omdat sy meen die grimering trek die aandag van haar mooi oë af.

Tydens ’n verskyning op die TV-program Lorraine het Sharon gesê: “Ek dink Kate moenie meer swart oogomlyner dra nie – ek hou nie daarvan nie. Ek dink dit is te strak; sy is so mooi, sy moet haar oë beklemtoon, nie wegsteek nie.”

Sharon se dogter Kelly was geskok oor haar ma se uitlatings.

Sy het gesê: “Ek wag net om te sien watter woede jy hiermee gaan uitlok. Daar is sekere mense in dié wêreld wat altyd onaantasbaar gaan wees.”

Maar Sharon (61) het haar woorde verdedig, en het gesê sy is dol oor die hertogin, wat ’n 10 maande oue seun, George, het.

Die voormalige X Factor-beoordelaar het gesê: “Ek wil nie sleg praat nie. Ek dink sy is ’n wonderlike jong vrou; sy is mooi, maar die swart oogomlyner is so verouderd en strak.”

Verlede week het die glansmodel Katie Price Catherine aangeraai om haar te bedek nadat ’n Duitse koerant foto’s van haar kaal agterstewe gepubliseer het. Catherine se rok het opgewaai toe sy van ’n helikopter afklim.

Lyk soos Kate met hierdie rokke van Spree

Adam Eve pencil dressSwart-en-wit potloodromp met kant. Koop dit hier 

Top deck dress

Swart-en-wit rok. Koop dit hier

retro dress

Retro-rok. Koop dit hier