Sharon Osbourne sê sy het ’n kortstondige verhouding met die geselsprogramaanbieder Jay Leno gehad voor sy in 1982 met Ozzy Osbourne getroud is.

Die X Factor-beoordelaar en Jay het mekaar in ’n klub ontmoet toe sy Los Angeles toe getrek het op 25.

Sharon het op The Talk gesê: “Ek was hier, en ek het nie ’n kêrel gehad nie – ek het destyds nie juis kêrels gehad nie, want ek was nie regtig iemand met wie mense wou uitgaan nie.”

Die 60-jarige ma van Aimee, Kelly en Jack het erken sy het Jay ’n paar keer as ’n grap gebel voor sy dapper genoeg was om hom te ontmoet.

Sy sê: “Hy het van my stem gehou en ek het aanhou bel. Ek het gesê ek het die verkeerde nommer, maar ek het aanhou praat met my Engelse aksent. Hy het na my huis toe gekom om my te ontmoet en ons het toe ’n kort verhouding gehad.”

Toe haar medeaanbieder Julie Chen vra of sy en Jay saam geslaap het, het sy net in die grap gesê: “Ag dit was so lank gelede ek kan nie eers onthou nie. ’n Mens kan nie so lank gelede onthou nie.”

Sharon sê die verhouding het geëindig toe hy haar aan die “eintlike liefde van sy lewe” voorgestel het: Mavis Nicholson, met wie hy in 1980 getrou het.