Sharon is baie verlig dat die Fashion Police-aanbieder die strydbyl begrawe het. Sy het onlangs op Twitter teen die Applause-sangeres uitgevaar nadat dié vir haar ma ’n verjaardagkoek gegee het ter viering van Kelly se 29ste verjaardag.

Sharon het aan EOnline.com gesê: “Weet jy, die lewe is te kort. En Gaga was so tegemoetkomend en het na Kelly uitgereik. Ek is bly Kelly het tot ander insigte gekom, want dit was kinderagtig. Dank die hemel dis verby.”

Kelly het verlede week verskeie keer om verskoning gevra dat sy Gaga afgekraak het omdat sy deur Sharon vir haar ’n koek gestuur het nadat sy op The X Factor opgetree het.

Sy het getwiet: “@ladygaga, ek het my gisteraand soos ’n kind gedra. Ek hou net nie van publisiteitsfoefies nie. Bel my en dan beëindig ons dit soos grootmense. Ek wil nie meer baklei nie.”

Sy het ook aan Hello Ross gesê: “Ek wil net erken ek het oorreageer. Ek het regtig, want as jy met my en my ma begin neuk, dan raak ek ’n bietjie  . . . Ek het dit verkeerd beskou. Ek het dit eerder as ’n publisiteitsfoefie as ’n olyftak gesien. Daar was baie reuse misverstande weerskante van hierdie belaglike rusie wat nie eens hoef te gebeur het nie.”

Die Osbournes was maande in ’n venynige vete met Gaga gewikkel. Sharon het voorheen die eksentrieke sangeres, wie se Born This Way-stigting ’n veldtog teen afknouery voer, ’n “publisiteitshonger huigelaar” genoem. Dit was nadat Gaga dreigende boodskappe aan Kelly gestuur het nadat sy haar uitrusting by 2012 se Grammys afgekraak het.