Die aktrise Shaleen Surtie-Richards se oë blink deesdae behoorlik.

“Mmm . . .” wonder ’n mens, wie kan die geheimsinnig en aantreklike metgesel aan haar sy wees? Net ’n vriend? ’n Nuwe kêrel? Haar verhoudingstatus sê immers sy is nie in die mark nie.

Maar Shaleen, wat in Johannesburg woon en onlangs haar 61ste verjaardag gevier het, se lippe is geseël.

“Neeee!” hoor mens die weghol in haar stem. “Dis nog ’n baie jong verhouding! Ons wil-wil nog daaraan,” is al wat sy wil sê oor die veel jonger man.

Sy wil uit respek vir hul privaatheid nog nie oor die liefde in haar lewe praat nie.

“Ek is baaaie happy,” is al wat sy verklap. Hy is ’n sakeman wat as deel van sy werk in IT baie uitstedig is.

Vriende probeer omtrent die afgelope maand op Facebook uit haar uittrek wie dié oënskynlik veel jonger man op haar foto’s met die sielvolle donker bruin oë is.

“Oooooo, kyk daai liefde in daai ogies. Nice, I like,” koer een toe sy weer Maandag ’n foto van hulle plaas waarop hulle saam met mense kuier en hy haar styf vashou. Op nog ’n kiekie van die kuier lê sy met haar kop op sy skouer.

“Jy lyk stralend,” merk ’n ander op. “Wanneer ontmoet ons Prince Charming?” het ene Bernard Buys op 17 Mei gevra.

Soonest hy’s my baby ek smaak hom stukkend,” verklap sy dan.

En so hoop ons ook by Huisgenoot vir die dag dat sy hom knus op ’n rusbank amptelik aan al haar aanhangers voorstel . . .

Lees ook op Huisgenoot.com:

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Terreurwaarskuwings: Só skerp inkopiesentrums in Kaapstad, Johannesburg veiligheidsmaatreëls op

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool