Oor haar gunstelingkosse: “Patats is ongelooflik. Ek eet elk dag sjokolade. Rou sjokolade is sonder twyfel die beste geskenk aan die mensdom. Ek eet gereeld ’n eiergereg met watter groente ook al in seisoen is omdat ’n mens dit binne 10 minute kan berei; dan het jy die lekkerste ete denkbaar. Jy kry jou proteïene, groente en ’n bietjie koolhidrate in.”

Oor die liggaamsdeel waarop sy die trotsste is: “Ek is trots daarop dat ek baie fiks is. Dis nie ’n liggaamsdeel nie, maar ek is trots daarop dat as iemand sou sê: ‘Kom ons gaan stap Central Park toe,’ kan ek sê: ‘Kom ons hardloop Central Park toe.’ Ek is baie trots op my vermoë om fiks te wees of fiks te bly en om my liggaam so te respekteer. Wanneer ek fiks en sterk voel, voel ek ek kan myself bemagtig en terugveg.”

Oor haar droomwerk: “Ek sou dol daaroor wees om Stevie Nicks te speel. Sy is ’n ongelooflike vrou wat ’n interessante lewe gelei het. Haar musiek het ’n groot indruk op my gemaak.”

Bron: WomensHealthMag.com