Chad Michael Murray is nou ’n pa van twee nadat sy vrou, Sarah Roemer, Maandag die lewe aan ’n dogter geskenk het. Die voormalige One Tree Hill-akteur (35) het die blye nuus bekendgemaak deur ’n oulike kiekie van die nuwe aankomeling wat sy vinger met haar piepklein handjie vasklem op sy Instagram-blad te deel.

A post shared by Chad Murray (@chadmurray15) on

By die foto het hy geskryf: “Moenie bekommerd wees nie, klein meisie, jy kan so styf vashou as wat jy wil vir so lank as wat jy wil, ek is reeds joune en ek sal jou nooit laat los nie. Ek het nou twee ongelooflike vroue in my lewe. Ek en my seun is gelukkige ouens. @rooeemer."

Die babanuus kom nadat Chad onthul het hy is angstig daaroor om ’n dogter te hê. Hy het aan People.com gesê: “Dis ongelooflik. My broek bewe. Ek het een gedoen – wonderlik. Ek het dit goed onder die knie. Ek en my seun; ons is piekfyn! Ons het stoeispeeltyd. Hy klop graag saans sy pa. Ons ken sy maniertjies, ons weet waarvan hy hou, en waarvan nie. En nou is dit ’n meisie en ek het geen idee wat om te verwag nie.”

Hy en Sarah het ook gesukkel om ’n naam vir hul dogter te kies en Chad het bygevoeg: “Ek weet nie of dit is omdat elke man, dis hul prinsessie, dis hul dogtertjie – en wat sal ooit goed genoeg vir hulle wees? “Dit is dalk een van daardie op-die-laaste-nipper-oomblikke waar ons reeds by die hospitaal weg is en ons sê: ‘Weet jy wat jy is? Jy lyk soos ’n Cleetus. Cleetus jr.!’” Chad en die Disturbia-ster het in 2015 die eerste keer ouers geword toe hulle ’n seun verwelkom het. Die knapie se naam is steeds nie bekendgemaak nie.

A post shared by Chad Murray (@chadmurray15) on

Hy het toe ook die babanuus op sy sosiale media bekendgemaak deur te skryf: “Ons is met ’n seun geseën. Ek en Sarah kon nie gelukkiger gewees het nie.”

Chad het in 2014 met Sarah begin uitgaan, weke nadat hy en die twee se Chosen-medeakteur Nicky Whelan uitmekaar is, en hulle is in Januarie 2015 in die geheim getroud.

Hy is in 2005 met sy One Tree Hill-medester Sophia Bush getroud, maar hul huwelik het net vyf maande gehou en hul egskeiding is in 2006 afgehandel.

© Cover Media