Jy kan dit ruik aan die geur van braaivleis en Ma wat koekies bak vir die groot trek see toe.

Die somer is hier, en dis tyd vir kuier op die strand: lekker lê in die son en dan afkoel in die branders.

Daarvoor het jy natuurlik ’n swembroek nodig, en die keuses is legio.

Van klein spanbroekies – in die omgangstaal sommer bekend as Speedo’s, hoewel ander vervaardigers ook swembroeke in dié styl maak – tot vrolike branderbroeke waarmee jy laatmiddag sommer net so iets kouds vir die keel in die naaste kuierplek kan gaan soek.

Van ons gunsteling-sangers is net so lief vir die see – toe vra ons nege van hulle om model te speel vir ons spesiale somerfotosessie met die nuutste swembroekgiere.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.