Jennifer Lopez het die volgende stap geneem in haar verhouding met Alex Rodriguez en hom aan haar ma voorgestel.

[caption id="attachment_166991" align="alignnone" width="600"]Jennifer Lopez (Foto: FayesVision, WENN.com) Jennifer Lopez (Foto: FayesVision, WENN.com)[/caption]

Die 47-jarige sangeres se romanse met die afgetrede bofbalster het vroeg in Maart die tonge laat klap en die tweetjies het Sondag openlik handjies vasgehou tydens ’n uitstappie in New York.

Jennifer se ma, Guadalupe Rodriguez, het ook saam in Manhattan gewandel en dit lyk of haar dogter se nuwe kêrel haar goedkeuring wegdra.

Jennifer het smoorverlief gelyk op Alex en breed geglimlag terwyl sy die sportman se arm styf vasgehou het. En hy kon nie trotser lyk waar hy langs die ma van twee geloop het nie.

Die sangeres agter die treffer Ain't Your Mama het Alex aan Guadalupe voorgestel nadat hy haar aan sy familie voorgestel en Vrydag op die Amerikaanse kletsprogram The View oor hul ontluikende romanse gepraat het toe hy ’n gas-medeaanbieder was.

“Dis duidelik dat ons groot pret saam het,” het hy gesê. “Sy’s ’n New Yorker, sy’s van die Bronx en ’n groot Yankees-aanhanger,” het Alex gesê, voor hy bevestig het hy praat van Jennifer. Die sangeres het ’n negejarige tweeling, Max en Emme, by haar eksman Marc Anthony.

“Ons het groot pret,” het Alex (41) gesê. “Sy’s ’n ongelooflike vrou, een van die slimste mense wat ek nog ooit ontmoet het, en ook ’n wonderlike ma.”

Alex het verder gesê hy en Jennifer het ’n band gesmee oor hul gedeelde liefde vir sport en genoem dat sy ’n “ongelooflike atleet” op hoërskool was. Volgens hom het sy ook nie uitspattige smaak nie.

“Sy hou van eenvoudige dinge,” sê Alex oor haar gunsteling-doendinge. “Sy’s ’n baie eenvoudige mens. Lief vir familie. ’n Wonderlike suster en dogter.”

Jennifer en Alex het ’n rits verhoudings met bekendes agter die rug. Sy het voorheen met die rapper Drake uitgegaan en Alex is al onder meer romanties verbind met Madonna en Cameron Diaz.

© Cover Media