Congratulations @ingeviljoen - the 2017 #WHNextFitStar ????????

A post shared by Women's Health SA (@womenshealthmagsa) on

Dis g’n wonder die mooi persoonlike afrigter van Pretoria is as Suid-Afrika se Next Fitness Star 2017 aangewys.

Inge Viljoen het Donderdag vier ander finaliste vir die gesogte titel uitgestof.

Haar oorwinning is eers deur leserstemme bepaal, en daarna deur ’n paneel beoordelaars wat haar veelsydigheid, energie en natuurlike benadering geloof het. 

“Ek hou van Inge se veelsydige benadering tot fiksheid,” het die voormalige Olimpiese hokkiespeler Sanani Mangisa gesê. “Die idee dat ons fiksheid oral kan neem, is aanloklik en presies waarvan die fiksheidsbedryf meer nodig het.”

Inge (24) spesialiseer daarin om vroue by hul huise af te rig en gebruik eenvoudige toerusting soos weerstandsbande en oefenballe, tesame met huishoudelike meubels.

Die beeldskone brunet hou haar lyf sterk en fiks met ’n kombinasie van onder meer gewigsoefeninge, Animal Flow-oefeninge, liggaamsgewigoefeninge, skopboks en atletiese kardio. “Ek hou van funksionele beweging,” sê sy.  “Dit gaan nie net oor sterk wees nie, maar om dinge met jou lyf te kan doen,” sê die sportmal afrigter. 

Volgens Danielle Weakley, redakteur van Woman’s Health, was dit Inge se lewenslus wat haar so gewild onder die beoordelaars gemaak het. 

“Inge se ongelooflike lewenslus bekoor die hele vertrek,” het Danielle gesê. “Sy bring so ‘n bondel energie en vreugde na fikswees dat selfs wanneer sy die ongelooflikste bewegings uitvoer – boonop met die grootste gemak – laat sy dit lyk soos iets wat jy beslis moet probeer.”

“En dis waarna ons soek – iemand wat elke dag vroue soos ek, my span, en ons lesers kan inspireer om fikswees en ’n goeie oefenroetine te geniet.”

It's only cold when you're standing still!! ????‍??#getupandmove #summerbodies #movingfit

A post shared by Moving Fit (@moving_fit) on

Die tydskrif het verlede jaar die kompetisie geloods om plaaslike fiksheidskenners te lok wat ander kan inspireer. As wenner is Inge nou ’n handelsmerkambassadeur vir adidas en Women’s Health en sy gaan die middelpunt van aandag wees by Fit Night Out – Women’s Health se gewilde oefenpartytjie op 12 Augustus by Montecasino.

Mapule Ndhlovu, Next Fitness Star 2016 en ’n beoordelaar vanjaar, sê: “Inge is iemand wat fiksheid liefhet en dit ten volle uitleef. Sy verdien die titel en ek sien uit daarna om die verhoog saam met haar by Fit Night Out te deel.”