Sunday Funday

A photo posted by too grown. (@irvinrandle) on

Die 54-jarige Irvin Randle, ’n onderwyser van Houston in die Amerikaanse deelstaat Texas, het byna oornag bekendheid verwerf ná ’n aanhanger ’n foto van hom aanlyn gedeel het.

Kort voor lank is hierdie sexy oupa as #MrStealYourGrandma gedoop – en dis nie moeilik om te sien waarom nie.

Ná die foto van Irvin op Facebook gedeel is, het dié goed-geklede oupa sy eie Facebook-blad, @MrStealYourGrandma, geskep waarop hy advies oor ’n gesonde leefstyl deel.

Binne enkele dae het die blad meer as 600 000 volgelinge gekry. Irvin deel daarop ook staaltjies oor hoe om gesond te eet, die belangrikheid van baie water drink en waarom jy vroeg moet gaan slaap.

Lees ook: Aantreklike misdadiger gedoop ‘Hot Felon’ is slaggereed vir modelwees

Tog is Irvin nie net ’n mooi gesig aanlyn nie. Volgens sy Facebook-blad word hy deesdae ook gereeld genooi na verskeie sosiale geleenthede waar hy graag kiekies saam met sy aanhangers neem.

Irvin het aan die Houston Chronicle gesê sy dogter het hom eerste laat weet dat die internet oor hom gons. Toe sy hom vertel hy is besig om naam te maak op Twitter, het hy bloot geantwoord hy het nie Twitter nie, so hy weet nie waarvan sy praat nie.

In ’n onderhoud met Ice Cream Conversations, ’n aanlyn-skinderblad, het dié oupa van twee kleinkinders verder uitgebrei oor waar alles begin het. Hy vertel ’n aanhanger wat baie van sy modestyl hou, het hom op Facebook gevra of hy ’n paar van Irvin se foto’s aanlyn kan deel. Min het Irvin geweet hierdie foto’s sou soos ’n veldbrand versprei. Die aanhanger het hom sowat ’n uur later teruggebel met die nuus dat meer as 36 000 mense reeds die foto ge-‘like’ het. “Ek was eers verbaas, maar nou voel ek oorweldig. Ek waardeer al die goeie kommentaar,” het hy aan Houston Chronicle gesê. “Ek het nog altyd so aangetrek, maar deesdae dra ek alles net ’n bietjie stywer.”

Movie Night

A photo posted by too grown. (@irvinrandle) on

Wat dink jy van dié oupa met sy metro styl?

Bronne: Houston Chronicle, The Star Kenya, DailyMail, Blog Talk Radio