Oe-la-la! Kyk net hoe sexy lyk Morgan Deane Smith!

Die Ierse popsangeres en haar man, die Protea-toetskaptein Graeme Smith, het skaars twee maande gelede hul jongste kind, Carter, in die wêreld verwelkom, maar Morgan het al reeds byna al die ekstra gewig afgeskud wat sy tydens haar tweede swangerskap aangesit het. En die ma van twee kon nie wag om die wonderlike resultate van haar dieet- en oefenroetine met haar aanhangers en vriende op Facebook en Instagram te deel nie. Praat van ’n transformasie!

“Ek weeg 80 kg in die foto waar ek swanger is! Ek weeg nou 63 kg!’’ het Morgan opgewonde per e-pos vertel. “Dit het agt weke geduur . . . ek hoop ek kan binne die volgende agt weke my teikengewig van 59 kg bereik,” sê Morgan. Sy en Graeme het ook ’n skattige 13 maande oue dogter, Cadence.

So hoe presies het sy die gewig binne dié rekordtyd afgeskud?

Haar oefenroetine:

“Ek oefen 50 tot 70 minute, ses dae per week,’’ vertel Morgan. “Ek draf 20 tot 40 minute op ’n trapmeul en gebruik die trapmasjien 20 minute lank.’’ En dis nie al nie. “Ek doen 60 hurke en 60 afsakke in stelle van 20’s,” sê sy. “En ek doen ’n kwartier met gewigte van 3,4 kg in elke hand.” Morgan het nog nie met maagoefeninge begin nie, maar gaan ook van volgende week af Pilates-oefeninge probeer. Praat van ’n superma!

Haar eetplan

“Ek eet 4 2000 kilojoules per dag en verbrand 2 500 kilojoules deur te oefen!” vertel sy.

Ontbyt: Special K pap met ’n piesang vir ontbyt elke oggend.

Middagete: Woolies Slimmers Choice-tamatiesop met vier Pro-Vitas en grondboontjiebotter.

Aandete: Koningklip of hoender.

Morgan drink ook elke dag twee liter water. “Ek drink naweke alkohol, maar net wodka, suurlemoen en soda (ek vermy wyn en sjampanje en drink so af en toe rooiwyn),” vertel sy.

“Ek verloor gemiddeld 1kg per week.” Morgan het twee jaar gelede dié nuwe leefstyl begin volg en die roetine werk tot dusver vir haar, vertel sy. “Die oefening raak elke week makliker; so ek probeer myself nog verder druk. Dis baie anders om babagewig as gewone gewig te verloor, veral aangesien my gewig in die afgelope 12 maande weens my twee swangerskappe wipplank gery het.” Maar die resultate spreek vanself!

-      Lara Atson

Lees meer:

Kaptein van die babaspan

Graeme Smith wys foto van babaseun

Lees Morgan se blog!

Oor ’n week kom Baba No. 2!

Kan Facebook verhoudings vernietig?

Wat aan die groot 3-0 is so skrikwekkend?

Swangerskap: Wat hulle jou nie vertel nie

Graeme Smith se vrou blog vir ons!