[caption id="attachment_159617" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Tom H vertel hy het sy medester in The Night Manager te hulp gesnel, maar later ontdek sy pogings het dalk nie veel gehelp om die pyn te verlig nie.

“ ’n Jellievis het Tom getakel. Hy het oor die strand geskree: ‘Ek sê, ou maat, kan jy op my kom piepie?’ ” onthou hy. “Natuurlik wou ek graag help.

“Sedertdien het ek baie daaroor nagelees. Ek dink nie dit werk regtig nie; dis ’n ouvroustorie.”

Sy vertelling is vooraf opgeneem en op The Graham Norton Show uitgesaai. Die Britse akteur het ook vertel toe hy in Eton-kollege in Windsor, Engeland, se koshuis was, was sy bynaam “Piddle. Kort ná my aankoms het ek dié bynaam gekry.

“Die ander seuns het die volgende rympie gemaak: ‘Hiddle Piddle did a widdle in the middle of the night.’”

Ongelukkig kon Tom (36) die naam nog nie vir goed afskud nie. “My heel beste vriende noem my steeds ‘Pid’, maar nou is dit liefderik.”

Tom het tydens die onderhoud, wat Vrydag in Engeland uitgesaai word, ook teruggedink aan een van sy vroeë ondervindings as toneelspeler in ’n skoolopvoering, waar hy saam met ’n ander beroemde voormalige Eton-leerder opgetree het.

“Ek en Eddie Redmayne was in A Passage to India. Hy het die vroulike hoofrol vertolk, en ek was die voorpoot van die olifant waarop hy gery het.”

© Cover Media